NewsSport

KYK: Gees agter die spiere gebeeldsend

Dr. Henning Gericke wil die wonderlikheid van die lewe met mense deel

Die dokumentêr, Gees agter die spiere, word op 20 September om 20:30 op kykNet uitgesaai.
Dit is ’n kort dokkie oor oud-Middelburger, Dr. Henning Gericke.

Dr. Henning Gericke.

Die geskiedkundige Botshabelo-sendingkerkie word ook in die dokkie gewys. Gericke is op 2 Desember 1989 met die liefde van sy lewe, Hennelie Joubert, uit die kerkie getroud. Sy is ’n oud-Hoërskool Middelburg-leerling en die dogter van Dr. Leon en Ria Joubert.

Wat verg dit?

Gees agter die spiere vra wat dit verg om top-sportlui – van rugbyspelers tot swemmers – “se koppe gesond te hou”.
Dit word beskryf as ’n sportdokumentêr met regisseur Pierre Malan.

Dit kyk na die werk van Gericke, ’n sportsielkundige vir die Springbokke, Kaizer Chiefs, die Stormers, Blou Bulle en verskeie ander vooraanstaande sportlui.

Gericke het mense in ’n video uitgenooi om Sondag na die program te kyk.
“Ons wil dit graag met julle deel. Die op en af van die lewe en die wonderlikheid daarvan.”

@middelburgobserver

Die dokumentê “Gees agter die spiere” word op 20 September uitgesaai en dr Henning Gericke nooi mense uit om dit te kyk. #rugby #Braai #Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button