KYK: Die dae van ma se vispap op die stoof is verby
Hengel is nou ’n multi miljoen rand sport met gesofistikeerde hengelgerei en R220 000 prysgeld in die karpbonanza.
Hengel is nie meer visvang nie! Die dae waar jou ma die vorige aand vispap op die stoof gaargemaak het, wat met kerrie ingebrei is, is lankal verby.
Jy het buitendien die helfte van die pap opgeëet nog voordat die eerste vis gebyt het. ’n Van der Merwe hoek en gewiggie wat jy self met lood gesmelt het in ’n lepeltjie word nie meer gesien nie.
Die vis byt ook nie sommer meer net aan bruinbrood en melasse nie. Miskien gebruik die vis ook deesdae Kunsmatige Intelligensie? Hulle het oor die jare slimmer geword en moeiliker om te vang.
KYK DIE VIDEO HIER: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7691949182218784001
Grappies op ’n stokkie, hengel het ’n gesofistikeerde bedryf geword. ’n Multi miljoen rand sport. Deesdae is daar meer hengelwinkels op die dorp as drankwinkels.
’n Hengelwinkel wat bult van die voorraad met vele winskopies, van aas tot katrolle en visstokke, is Fishing Paradise in die Saverite Kompleks in Njalastraat. Met die somer hier en viskoors op sy ergste, staan Jaco Genis gereed om hengelaars te help. Dit is deel van Johnny’s Bargain World se reeks winkels.
*Honderde hengelaars het reeds by Loskopdam aangekom vir more (3 Oktober) se karpbonanza.
Die grootste karp oor ses kilogram wen R220 000 kontant. Grootste karp onder ses kilogram wen R70 000 en die derde grootste karp R20 000.