Dit gaan epies wees
Baie dinge kan verkeerdelik as "epies" beskryf word: soos Tom Cruise se vertoning in Mission Impossible, of jou lus vir 'n Steers-hamburger wat nou epiese proporsies aangeneem het.
Daar is, egter, net één Cape Epic-bergfietstoer. En hy is inderdaad epies.
Vanjaar se groot trap is van 23-30 Maart en deelnemers moet 718 kilometer aflê. Boonop is daar nog 14850 meter se klimwerk wat op hulle wag.
Hier is Middelburg se deelnemers:
• ABSA Roosters: Piet du Toit en Philip Bronkhorst
• Bravehearts: Andre Mountjoy en Thiesa Janse van Rensburg
• Diesel & Dust: Harry Scheepers en Jaap Meyer
•Jag-GOCycles: Stephan Muller en Neville Rosenstein
• Exxaro/EOH: Thomas Sokolangane en Tshepo Tlou
• Exxaro/Peptosport: William Lubambo
• Exxaro/PWC1: Phillimon Sebona en Jan Motshioa
• Exxaro/RMB1: Prince Maseko en Thokozani Mahlangu
• Exxaro/Tronox1: Nare Manemela en Lucky Mlangeni.
