Sport

Nóg ’n goud vir Loskop

Die Forever Resorts Loskopmarathon verdien weer eens ’n goue medalje vir die wyse waarop dit georganiseer en aangebied is - waterstalletjies was puik, die medaljes was indrukwekkend en die deelnemers was kookwater.

Die mans se 50km ultramarathon het egter vir ’n omstrede einde gesorg, toe die aanvanklike wenner gediskwalifiseer is.

Raymond Phahladi is sy wennersmedalje kwyt na hy die wenstreep met die wedloopnommer van Ludwig Mamabolo – 2012 se Comradeswenner – oorgesteek het.

Zongamele Dyubeni het amptelik beswaar aangeteken en Phahladi het erken dat hy nie vir die wedloop ingeskryf het nie, maar dit onder Mamabolo se wedloopnommer voltooi het.

Aangesien die wedlooporganiseerders geen kennisgewing van dié plaasvervanging ontvang het nie, is Phahladi gediskwalifiseer.

Dyubeni – wie aanvanklik in die tweede plek was – is as die uiteindelike wenner aangewys met ’n tyd van 02:50:22.

50 km wenners (mans):

1. Zongamele Dyubeni (02:50:22)

2. Joseph Mputhi (02:52:26)

3. Rufus Photo (02:52:39)

50 km wenners (vroue):

1. Sisay Arsen (03:17:11)

2. Yolande MacLean (03:23:15)

3. Riana van Niekerk (03:33:12)

Wild Challenge (mans):

Retsepile Khotle (01:10:29)

Wild Challenge (vrouens):

Paulina Phaho (01:32:35)

• Volgende jaar se marathon (die 30ste weergawe) vind op 18 April 2015 plaas.

• Nog foto’s en stories sal in die Vrydaguitgawe van die Observer verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Johann Gresse

Journalist at Middelburg Observer
Back to top button