Sport

Rooies wil weer so maak

Op 11 Mei 2013 het HTS Middelburg se Willandré Kotzenberg die NuPower Tuksreeks-trofee omhoog gehou terwyl die Rooi Bulle se spankreet wyd en syd in Pretoria gehoor word.

Die skool se eerste rugbyspan het pas vir Nelspruit 19-14 geklop om vir die eerste keer in die Rooies se geskiedenis met die goue medalje weg te stap.

Nou kry Barend Smit en sy 2014-makkers die geleentheid om in Kotzenberg-hulle se voetspore te volg wanneer hulle Saterdag teen Dr. EG Jansen in die gouemedalje-eindstryd speel.

EG Jansen is egter een van min skole teen wie HTS verloor het.

Die Gautengse skool is die huidige Beeldtrofeekampioen en hulle het op 19 Maart vir Tegnies 27-38 geklop.

Maar die Rooies het goeie vertonings tydens hul afgelope rugbytoere gelewer.

Volgens die jongste ranglys van Rugby365 bekleë die span tans die derde plek (naas Grey College en Monument) op die FNB Top 20.

EG Jansen lê volgens dié ranglys in die negende plek.

As die bal Saterdag regspring en met die skeppende vaardighede van Smit en Jacque du Toit, die kragspel van Eric Basson en die driedrukvermoë van Driaan Bester op slot, kan ’n Rooi-weerligstraat definitief twee keer op dieselfde plek slaan.

Die span sal egter nie vir die Gautengers ’n kans moet gee nie. Hulle het verlede jaar gewys dat hulle wéét hoe om eindstryde te wen.

• Afskoptyd is om 14:30 op die TUKS-stadion.

Rooi Bulle: Barend Smit (kaptein), Liaan Prinsloo, Jacque du Toit, Ruan Ludick, Jan Rens, Lohan Bennett, Stephan Enslin, Eric Basson, Derik Willemse, Chrisjan Steynberg, Driaan Bester, Dehan Opperman, Ruan Groenewald, Gerik Mynhardt en Steven Stols. Plaasvervangers: Neven Nel, Kyle van Aswegen, Marko Maré, Bernard Kotzenberg, Christiaan van Rooyen, Brandon Par-Bailey, Rynard van As, Walter Janse van Rensburg.

• Ander HTS-spanne wat om die eerste plek meeding:

12:00: o/15 teen Garsfontein

13:15: o/16 teen Monument.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button