Sport

Broers bult saam spiere

Noem hulle Vinkel en Koljander op eie risiko.

Dis nou vir Niel (23) en Jaco (22) de Villiers, albei soliede blokke spier wat die skaal in die 100’s trek.

Die twee broers het in 2009 van Rustenburg af Middelburg toe getrek en begin gim omdat hier niks anders is vir jongmense om te doen nie.

Hulle rook nie en drink nie en glo beide dat liggaamsbou hulle uit die kwaad hou.

En, die twee mik nog heelwat hoër as Niel se eerste plek en Jaco se tweede plek in die Mpumalanga Beginners Streekskampioenskappe op Secunda die naweek.

Niel, ‘n persoonlike fiksheidsafrigter, het vier jaar terug begin bou aan sy Arnold Schwarzenegger lyf, terwyl Jaco drie jaar gelede by liggaamsbou deur sy ouboet ingesleep is.

Beide mik daarna om professionele liggaamsbouers te word hoewel Jaco voltyds by Midmed werk en na-ure ysters pomp.

Jaco weeg binne seisoen in die omgewing van 85kg terwyl hy buite seisoen die skaal op 97kg laat kreun.

Binne seisoen weeg Niel 116kg terwyl sy verhooglyf 100kg suiwer spiere is.

Beide eet agt maal per dag en begin sonop met hawermout waarna proteïne soos vis, hoender en eiers die hoofbestanddele van hul dieet is.

Niel “kroek” met ‘n lekker eisbein terwyl Jaco weer ‘n soettand het.

Hulle lag uit hul blokkiesmae oor die feit dat Niel “eers ‘n dag voor die kampioenskappe elk die perfekte posing trunks vir hulle kon opspoor”.

Hulle verkies natuurlik sonbruin lywe wat dié tyd van die jaar met behulp van die sonbed verkry word.

In die aantrekkamers is die twee steeds vinkel en koljander, want die een skeer, en smeer die ander, met spesiale olies en rome wat hulle soos Edward en Loyd Cullen van die Twilight sage op die verhoog laat blink – “Nee!” protesteer die twee tegelyk en sê dis om die lyne harder en dieper te laat vertoon.

Beide sal weer gaan strek en bult op die verhoog in eMalahleni in Augustus waarna hulle aan die provinsiale uitdunne in Noord-wes gaan deelneem en hopelik die oog sal trek van die beoordelaars vir die SA’s in Pretoria in September.

Niel staan gereed om belangstellendes behulpsaam te wees met hul gim-programme by Fit 4 Ever, en kan gekontak word by 083 876 4121.

Hy mik daarna om voltyds ‘n USN ambassadeur te word om sy inkomste aan te vul “want ek’s ernstig oor my toekoms as Agtika se eie Arnie,” sê Neil.

Dit kos duisende vir die broers om hul drome te verwesenlik en diegene wat kan bydra om die twee fiksheidsfanatikuste by te staan met borge en donasies, kan op Niel se nommer druk, of Jaco bel by 072 811 0149.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button