Rooies ry die CC-golf
HTS Middelburg: Op die Rooies se tuisvelde en in Middelburg se strate het die ROOIBULBOM op Vrydag, 16 Mei, en Saterdag, 17 Mei, behóórlik gerol...
Dis nie soseer die tellings nie, maar kinders se sportmangees, kan-nie-opgee-gesindheid, ouers se positiewe ondersteuning, die ROOI massa, die saamstaan, die trots, die EEN-wees, die weet-waar-ons-Krag-vandaan-kom…
Dít is wat van ROOIES wénners maak!
Die hoof en personeel bedank graag élke Rooie (dit sluit in leerders, afrigters, ouers, oupa’s, ouma’s, sussies, boeties, oud-leerders, vriende…) wat in die voorbereiding én die naweek deel was van die EEN span met EEN hart!
Dit is die ménse wat betrokke is wat die Rooies uniek maak!
‘n Besondere woord van dank en waardering van die skool se kant gaan aan elke borg wat so groot bydrae lewer tot die funksionering van die skool, aktiwiteite en spanne.
HTS Middelburg is dankbaar, trots en nederig in hul oorwinning.
In die gevalle waar MHS op die telbord gewen het, word hulle geluk gewens met goeie vertonings en welverdiende oorwinnings!
Rooies-passie het dié naweek hoogty gevier… van Vrydag se Rooi-optog deur die dorp en die tennis op HTS se bane tot by Saterdag se wedstryde, die rooi helikopter, die Rooies-dansers en elke Rooie wat hul
spanne aangemoedig en ondersteun het.
Mag hierdie Rooies-gees voortleef en leerders van HTS áltyd laat streef na hul beste – nie net op die sportveld nie, maar ook in die lewe!
