Skopboksers haal SA span
Lede van XKT Middelburg het werklik meer skop as Naas Botha. Die dorp se skopboksers het baie goed by die SA Skopbokskampioenskap in Pretoria vertoon.
• Eagen Kruger:
Dié talentvolle skopbokser het drie goue medaljes verower. Sy het ook die Suid-Afrikaanse span gehaal.
• Charlise Ludeke:
Sy is in graad agt by HTS Middelburg en het ‘n tweede plek in volkontak verwerf.
• Sensei Pieter de Klerk:
Het in volkontak goud losgeskop. Hy is in die SA-span opgeneem wat in Maart aan die wêreldkampioenskap in Ierland deelneem.
• Lluwellyn Pretorius:
Het met ‘n goue medalje en twee silwer medaljes by die kampioenskap weggestap. Hy het ook ‘n brons medalje in die Kampioen van Kampioene-kragmetings verower.
• Wikus Ludeke:
Ludeke is die baas van die kryt en verwerf drie goue medaljes. Nes Pretorius het hy ook brons in die Kampioen van Kampioene-kragmeting verower.
• Bowen Kruger:
Kruger se brons medaljes het hom – nes sy suster – ‘n plek in die SA-span besorg.
