Sport

Middie – vlam bly brand!

Hoërskool Middelburg se vlam in vanjaar se Mpumalanga Beeldwedstryde bly brand, na hulle vir Nelspruit 11-10 gewen het.

Dié kanniedood-sege beteken nou dat hulle die naweek weer vir die Laevelders in die halfeindstryd van die reeks aanvat.

Bennie Mashabane het Saterdag sommer vroeg die Middie-bal aan die rol gesit met een van sy nou kenmerkende lopies langs die kantlyn.

MHS was beslis die beter span op die veld, maar hulle het met tye onnodige druk op hulself geplaas deur balbesit weg te skop.

Die span beskik waarskynlik oor die mees talentvolle skoolagterlyn in die provinsie en dit sal lekker wees as hulle meer kanse kry.

Die span het egter hope karakter – veral op verdediging gewys.

Foto’s

Verwag dus Saterdag ‘n watertand-herontmoeting!

Rugby:o/14A: 7-34

o/14B: 0-61

o/15A: 12-22

o/15B: 12-24

o/16A: 12-81

o/16B: 0-34

Vierde: 5-43

Derde: 0-31

Tweede: 7-71

Eerste span: 11-10. Puntemakers: Drie: Bennie Mashabane. Strafskoppe: Chris Hanekom (2). Marnus Aucamp is as die speler van die wedstryd aangewys.

Dogtershokkie:

o14A: 1-0 (Ligawenners)

o/14B: 2-4

o/15A: 1-0 (Ligawenners)

o/15B: 2-0 (Ligawenners)

o/16A: 4-1 (Ligawenners)

o/16B: 1-2

Tweede span: 0-1

Eerste span: 2-1 (Ligawenners). Doele deur Anke van Wyk en Nicole Stapelberg aangeteken.

Netbal:

o14A: 11-9 HGH; 13-6 HTSW

o14B: 9-14 Delmas

o/15A: 23-7 HGH; 18-6 HTSW

o/15B: 14-4 Patriot; 16-4 Delmas

o/16A: 13-9 HTSW; 18-3 HGH

o/16B 19-6 Delmas; 21-9 Kriel (o/16B is ligawenners)

o/17A: 16-4 HTSW; 15-13 HGH

o/17B: 3-20 Kriel

Eerste span: 22-30 HTSW; 25-20 Kriel

Tweede span: 36-28 Delmas; 29-17 Patriot

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button