Sport

Vryburg Stella 400

Deelnemers aan die Vryburg Stella 400, die vierde ronde van die Nasionale Veldrenmotorfiets- en vierwielmotorfietskampioenskap wat Saterdag (14 Junie) in die woestynagtige omgewing by Stella in die Noordwes Provinsie plaasvind, sal hul bes lewer om die maksimum hoeveelheid punte aan te teken en enige iets kan nog in die onderskeie kampioenskapsgevegte gebeur.

Die Nasionale Veldrenkampioenskap het Stella nie onlangs besoek nie en die Vryburg Stella 400 Bush 2 Bush-byeenkoms, wat ook die tweede ronde van die Noordelike Streekskampioenskap vorm, sal vir ‘n gelyke speelveld sorg terwyl deelnemers kan uitsien na die 360 kilometer-ren in dié woestynagtige omgewing in die Bophirima-streek wat vanweë die groot beesboerderye ook as die ‘Texas van Suid-Afrika’ bekend staan.

Die lae temperature (koue!) vroeg in die oggend wanneer die ren ‘n aanvang neem, bied nóg ‘n uitdaging aan ryers, maar die renorganiseerders beloof ‘n genotvolle byeenkoms wat vanaf Stella, ‘n klein dorpie ongeveer 45 kilometeter noord van Vryburg langs die R49, se bekende Beesfees-terrein plaasvind.

Die tipe roete behoort die Botswana-motorfietsryer, Ross Branch (Brother KTM) soos ‘n handskoen te pas.

Branch is nou die algehele voorloper en lei ook die OR1 (Oopklas) ná sy BELL 400-sege en nóg twee tweede plekke. Hy sal vir nóg goeie resultate tydens dié byeenkoms mik wat bykans op sy voorstoep plaasvind. Bestendigheid het die verdedigende titelhouer,

Kenny Gilbert (Proudly Bidvest Yamaha) tot die tweede plek agter Branch laat opskuif terwyl die vroeëre algehele en OR1-voorloper, Louwrens Mahoney (Brother KTM) tot die derde plek teruggeval het nadat hy ratkasprobleme tydens die derde ronde ondervind het.

Mahoney het die beste rekord vir oorwinnings in Kalahari-tipe renne en sal mik om nóg ‘n sege by sy lysie te voeg terwyl hy ook die OR1- en algehele voorloperposisie sal wil terugneem.

In die vierwielafdeling het Brian Baragwanath (Team Rhide SA-Yamaha) se drie oorwinnings gesorg dat hy gerieflik voor is wat die algehele puntestand betref terwyl hy ook in die Q1-kampioenskap voor is. Die tweedegeplaasde David Hollis (Yamaha) sal egter die gaping na die voormalige kampioen wil verklein.

Ná sy eerste podiumresultaat by die BELL 400, het die verdedigende Q2-kampioen, Justin Robert (Sign Wonder Racing-Suzuki) tot die derde plek algeheel opgeskuif terwyl hy nou ook Q2 lei.

Alhoewel die gaping na Hollis (en Baragwanath) redelik groot is, sal nóg ‘n goeie resultaat sy huidige posisie verstewig en indien enige van die voorlopers probleme ondervind, sal hy baat daaruit kan vind.

Agter Robert kan ‘n wilde geskarrel na punte plaasvind en die algehele posisies kan maklik verander. Baragwanath se spanmaat, Hannes Saaijman (Yamaha) het tot die vierde plek teruggeval nadat hy nie die BELL 400 kon voltooi nie en hy sal weer vir die algehele podium en die leiersposisie in Q2 mik.

Russell Ferreira (PS Diamond Trailers-Honda) het die voortou in die Seniorklas geneem (hy is vyfde algeheel) met sy spanmaat, Stuart Freeman (Yamaha) – hy is agtste algeheel en tweede in die Seniorklas – wat nie nóg ‘n meganiese probleem kan bekostig nie.

André Park (Yamaha) het tot die sesde plek algeheel opgeskuif terwyl André du Plessis (Yamaha) tot die sewende plek teruggeval het met Willie Roos (Kawasaki) nou óók op die Seniorklaspodium (derde).

Roos het dieselfde hoeveelheid punte as Eric Williams (PS Extreme ATV Tzaneen-Yamaha) en rond die top tien af.

Die verdedigende kampioen, Jurie Meyer (Yamaha Race Support) kon nie die afgelope twee byeenkomste voltooi nie en is nie meer in die top 10 nie, maar alhoewel ‘n derde agtereenvolgende titel nou buite sy bereik is, sal hy weer vir goeie resultate tydens die laaste drie rondes van die 2014-reeks mik.

Hy is tans agter Ted Barbier (Team Rhide SA-Yamaha) and Bertie Morton (Kawasaki) wat ook oor dieselfde hoeveelheid punte net buite die top 10 beskik.

Terwyl net 11 punte die vierwielers tussen die vierde en 10de plekke algeheel skei, is daar ‘n verskil van 20 punte tussen die OR3 (200cc)-voorloper, Louw Schmidt (Brother KTM) wat tot die vierde plek algeheel opgeskuif het ná sy podiumresultaat by die BELL 400 en Jaycee Nienaber (Manhand Ridgeway-Yamaha) wat tiende algeheel en tweede in die OR2 (200cc)-kampioenskap is.

Louw se spanmaat, Tyron Miller, lei steeds dié klas, maar het van die vyfde posisie algeheel tot die agtste plek teruggeval nadat hy meganiese probleme by die BELL 400 ondervind het.

Charan Moore (Kargo Racing Yamaha – OR1); Estiaan Steenkamp (FAST Powersport Husqvarna – OR2); Dillon Inggs (Kawasaki); Van Niekerk en Bernard McGee (McGee Lydenburg Yamaha) is net buite die algehele top 10 en sal hul posisies wil verbeter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button