Sport

Koedoekoppe blink in liga

Laerskool Middelburg se rugbyspanne het vanjaar weer vir die eerste keer in jare hul staal in die liga gewys en veral die eerste span het die ander skole laat les opsê.

Hul eerste wedstryde is teen Laerskool C.R. Swart en die spanne vaar as volg (Laerskool Middelburg se uitslae eerste genoem): o/9A 5-0, o/9B 5-10, o/10A 15-0, o/10B 0-5, o/11A 5-0, tweede span 5-0 en eerste span 12-0.

Ricardo Schönfeldt (kaptein eerste span) en Louw van Eeden (onderkaptein) net voordat hulle op die veld draf vir nóg 'n segetog.
Ricardo Schönfeldt (kaptein eerste span) en Louw van Eeden (onderkaptein) net voordat hulle op die veld draf vir nóg ‘n segetog.

Net twee dae later pak hulle Laerskool JJ van der Merwe en wen die meeste van hul wedstryde: o/9A 7-12, o/9B 12-7, o/10A 7-10 o/10B 15-0, o/11A 5-0, tweede span 10-5 en eerste span 41-7.

Teen Kragbron is die uitslae as volg: o/9A 7-12, o/10A 13-7, o/11A 10-10, tweede span 21-0 en eerste span 58-0.

Op 5 Junie speel die skool teen Klipfontein en net een span (derdes) verloor teen Koornfontein en behaal dié uitslae: o/9A 42-0, o/10A 37-0, o/11A 7-12, derde span vs Koornfontein se eerste span 5-0, tweede span 10-7 en eerste span 16-7.

•In die Mpumalanga halfeindstryd val die span vas teen Laerskool Nelspruit met 20-17.

Laerskool Middelburg se eerste span skrum het die ander skole op hul knieë gehad.
Laerskool Middelburg se eerste span skrum het die ander skole op hul knieë gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button