Sport

Flopsport

Drie ouens wat geen mens ernstig moet opneem nie: Julias, Kotssatu en Flippen Malbalule. En wanneer hulle iets oor sport sê of oor 'n gekamoefleerde skrumpet, lag, moenie kwaad word nie.

•Stel iemand voor as Matfield ‘n kopskerm wil dra wat die Nuwe Verbeterde Suid-Afrika verteenwoordig, sal dit ‘n miskoek moet wees.

•Akker jou klein rakker! Akker van der Merwe se klein beentjies het Vrydagaand teen die Rebels oortyd gewerk doellyn toe, die mees komiese oomblik van die naweek. (Net jammer die televisieskeidsregter is so pretbederwer en wou nie die drie toeken nie).

•As Craig Joubert blou sien, sien hy strafskop, as Bloues vir Joubert sien, sien hulle rooi. Geen Blouspan sal ooit ‘n wedstryd wen wanneer Joubert blaas nie.

ghan_539402278

•En het die Bulls vanjaar ‘n wedstryd gewen in hulle groen kamoefleerdrag?

•Mens sidder en beef as jy dink waarmee Barend Vergaan volgende jaar vorendag gaan kom. Eers was dit pienk, toe kamoeflering en dalk in 2015 fyn satyn? (Houvas my poeierkwas voor ek kwaad word).

•Dink net hoe gaan hulle lyk in rooi, EFF rooi? (Ellendige Flippen Folstruise). (Tannie dis net ‘n grappie, ons kan spel).

•Al koop die Bulls die hele All Black span sal dit steeds niks help nie, nie solank Ludeke, Rossouw en die res van die bende in beheer is nie.

•Die man wat vir Noord-Transvaal laerskole gespeel het en deesdae net daar neffens die Uniegebou bly, het ‘n reuse aandeel gehad in die Stormers oorwinning. Sy naam is Henning Gericke, en hy was al die Bokke se sielkundige, maar seker nie goed genoeg vir die Bulls nie, al bly hy naby die 224.

•Die man van die nuwe OK Bazaars is doodstil, totdat die Stormers gewen het.

•Wou so graag gehad het Roger moet wen, hy is ten minste in Suid-Afrika gebore, maar Wimbledon was nie vir hom beskore nie.

•Die Cravenweek is hier en die tinteling van opgewondenheid kan in die lug gevoel word. Volgende week die tyd is dit een groot partytjie by HTS Middelburg. Daar gaan tente wees, baie kos, baie rugby, televisie, groot waens met televisietoerusting, baie koerantmense, baie belangrike mense, baie toeskouers en ons hoop dit gaan nie baie koud wees nie.

•Interessante statistieke uit die ou Observers. Dat die Cravenweek spelers in 1978 gemiddeld maar 79 kilogram geweeg het. Deesdae is dit seker die gemiddelde gewig in die Laerskole Cravenweek. Het dit iets te doen met spuitnaalde, sekere pilletjies, sekere skommeldrankies of is ons besoedelde groente deesdae soveel gesonder?

•”Die trane die rol oor jou Brasilië, die trane die rol oor jou Brasilië, daar waar die son en die Duitsers julle laat ondergaan…Brasilië julle moet huistoe gaan. Hup Hup, nee o Holland nee, nee-nee, nee o Holland nee, ek trou nie met ‘n Brasilië dolla nie.”

•Laat weet Gert la Grange hy sien daar ry ‘n Mollema in die Tour de France, wil net weet of dit onse Julias is. (Kan nie wees nie, daai ou het nie gumboots en ‘n rooi oorpak aan nie).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button