Sport

Cravenweek skop af

Die 51 ste Cravenweek het vanoggend in heerlike sonskynweer op die velde van HTS Middelburg afgeskop.

Die skool het sy mooiste baadjie aangetrek vir die geleentheid en daar was groot lof vanaf besoekers vir die uitstekende fasiliteite.

Die week het reeds Sondagaand afgeskop, met ’n ete wat in die dorp se banketsaal deur die burgemeester, raadslid Mike Masina, aangebied is.

In die eerste wedstryd het Griekwa Platteland en die Limpopo Bulle mekaar in ’n wedstryd gepak wat die heeltyd wipplank gery het.

Die hoof van HTS Middelburg, mnr. Dolf Jonker, het sy tevredenheid uitgespreek met die verloop van die reëlings en gesê dat daar nie enige haakplekke was nie.

Die wedstryde word almal op SuprSport gebeeldsend.

Daar was groot afwagting vir die hoofdis van die dag met die sterk span van die Westelike Provinsie wat teen die tuisspan, die Pumas, sou uitdraf om 15:40, nadat die amptelike opening om 14:40 afgehandel is.

Die Middelburg Observer het ’n groot kontingent joernaliste by die week en sal sy lesers deurentyd op hoogte hou van wat daar gebeur.

.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button