Iets heeltemal anders as ‘n bike race
Of ‘n kopluis
Of by bachelor parties muis wys
Op ‘n pawiljoen
Sit ‘n ou met ‘n bal
Asseblief my lief sê ja
Kan ek leeuloop?
Die ouens het mooi gevra
Nou as jy weet wat die leeuloop is
En jy weet waar die leeu moet rus
Maak jou broek en jou belt los geleidelik
Die leeuloop is baie verleidelik
En ek gaan hom nou stap vir stap verduidelik
Knyp twee Gilbert balle vas tussen jou bene
Met jou hande en jou knieë op die stene
Trek af jou broek en brul
As jy wil
Solank jy net leeuloop…
Maar net met ‘n Gilbert bal as jy wil…
Met komplimente aan Robbie Wessels.
Dit is Gilbert balle of dit is niks!
Die SA Rugby Unie het die week geweier dat mnr. Michael Basson, van die HTS Middelburg Ondersteunersklub, reuse rugbyballe aan die toeskouers verkoop, omdat die balle nie die Gilbert handelsmerk dra nie.
Talle toeskouers, wat van reg oor Suid-Afrika na Middelburg gereis het vir die Cravenweek, is Maandag tydens die opening met die reuse rugbyballe opgemerk.
Die balle was die idee van die ondersteunersklub en drie groottes is bestel en met die Pumas se logo, HTS se kenteken, die SARU merk en SA o/18 Cravenweek op die bal se vier sye gemerk.
Mnr. Basson sê dat Saru ook ‘n probleem het, omdat sy handelsmerk op die bal aangebring is sonder toestemming.
Op die veld is daar ook ‘n Gilbert stalletjie en mnr. Basson sê hy verneem dat die Gilbert bemarkers beswaar teen hulle teenwoordigheid gemaak het.
SARU het opdrag gegee dat die balverkope gestaak word, maar nie voor al 100 die reuse balle verkoop is nie.
“Ons sit nou nog met 150 medium en 150 klein balle,” sê mnr. Basson.
“Gilbert bemark net die gewone grootte vyf speelbal en dié handelsmerk balle is baie duur teenoor die ondersteunerklub balle wat vir dieselfde grootte handel vir R100.”
Mnr. Basson het Woensdagmore aan die koerant genoem dat daar nog onderhandel is oor die balle en dat hulle die balle by die verkeerslig buite HTS se hoofhek sou verkoop indien ‘n voordelige vergelyk vir beide partye nie bereik kon word nie.
“Ons het R30 000 se balle aangekoop!” sê mnr. Basson oor die ondersteunersklub se poging.
Laat Woensdag is daar besluit dat dié Cravenweekballe net buite die terrein verkoop sal word.
“Exco, die vervaardigers van die balle, het ons egter tegemoetgekom en sal Saterdag, na afloop van die week, die oorblywende balle teen kosprys by ons terugkoop,” sê mnr. Basson.
Die amptelike 2015 Wêreldbeker Gilbert bal verkoop vir meer as R200.
•Om kommentaar te lewer op die berig sms die woord balle na 37940 en daarna jou kommentaar. ‘n Sms kos R1 50.
