Sport
MMK tem bibberweer
"Alle paaie lei na Rome," is 'n bekende gesegde. Maar lede van Middelburg Marathonklub het gewys dat alle sneeubedekte paaie eintlik na Rhodes lei, toe hulle die Rhodes-wedloop suksesvol voltooi het.
Volgens Charmaine van der Merwe was dit ‘n bitterkoue, maar wonderlike ervaring.
“Dit was yskoud toe ons Saterdagoggend wakker word, met die son wat oor die horison gekom het. Net na halfpad in die wedloop het dit toegetrek en dit het begin reën, terwyl sneeuvlokkies ook begin val het.”
Dié bibbertoestande het tot die einde van die wedloop geduur.
Natuurlik het die hemele ‘n uur na die wedloop oopgetrek!
• Uitslae:
Gert Steyn: 6:38:47
Jason Weber: 6:48:41
Lisa Naude: 7:34:10
Chris du Plessis: 7:54:25
Charmaine van der Merwe: 7:54:25
Johan de Klerk: 8:12:21
Zander Claassens: 8:15:10
Kobus van Wyk: 8:34:18
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
