Netbal kook by Coke
Die afgelope naweek het die netbalmeisies van HTS Middelburg opgetrek na Potchefstroom vir die Coca-Cola Uitnodigingsreeks wat op die bane van Potch Volkies plaasgevind het.
Uitslae was soos volg:
o/14A: Eindig eerste in hul groep en algeheel tweede uit 14 spanne.
o/15A: Eindig vierde in hul groep en algeheel 13de uit 14 spanne.
o/16A: Eindig eerste in hul groep en algeheel sesde uit 14 spanne.
o/17A: Eindig derde in hul groep en algeheel 11de uit 16 spanne.
Eerstes: Eindig eerste in hul groep en algeheel vierde uit 16 spanne.
HTS Middelburg eindig algeheel sewende van die 16 top netbalskole.
• o/14A:
11-7 teen Garsfontein; 24-7 teen Marais Viljoen; 13-7 teen Pietersburg; 13-12 teen Affies (kwarteindstryd), 13-11 teen Rustenburg (halfeindstryd) en 11-18 teen Ben Vorster (finaal).
• o/15A:
6-13 teen Menlopark; 5-15 teen Rustenburg; 11-15 teen EG Jansen; 14-12 teen Goudveld; 15-14 teen Vereeniging Gimnasium (halfeindstryd) en 15-13 teen Noord-Kaap (finaal).
• o/16A:
14-14 teen Menlopark; 17-13 teen Affies; 22-12 teen Rustenburg; 32-4 teen Noord-Kaap; 11-14 teen Zwartkop (halfeindstryd); 14-15 teen Pietersburg (finaal).
• o/17A:
14-12 teen Cornwall Hill; 12-15 teen Rustenburg; 6-22 teen Menlopark; 15-13 teen Noord-Kaap; 8-16 teen Waterkloof (halfeindstryd); 18-6 teen Duineveld (finaal).
• o/18A:
25-10 teen Duineveld; 26-16 teen Potch Gimnasium; 27-12 teen Pietersburg; 21-17 teen Rustenburg; 16-23 teen Garsfontein (halfeindstryd) en 19-24 teen Ben Vorster (finaal).
Die o/15A-, o/16A-, o/17A en eerste span neem die naweek aan die SA Topskole Netbaltoernooi by EG Jansen deel.
