C.R. se Ernies!
Wynand van Dyk, Zane Nel, Evert Buurman en Xavier Visser sal die naweek teen 80 van die land se beste junior gholfspelers by Middelburg Buiteklub te staan kom.
Die Laerskool Staatspresident C.R. Swart-viermanskap sal Vrydag en Saterdag by die Ernie Els Laerskoolkampioenskap in aksie wees
Twee spanne van elke provinsie speel by die kampioenskap en Laerskool Lydenburg is die ander Mpumalangaskool. Dit is die eerste keer in die toernooi se geskiedenis dat ‘n Middelburgskool die provinsie verteenwoordig.
• Deelnemende skole:
Boland: Paarl Boys Primary School, Bridgehouse School.
Sentraal-Gauteng: St John’s Preparatory, Curro Aurrora.
Ekurhuleni: St Dunstan’s College I and St Dunstan’s College II, Laerskool Kruinsig.
Vrystaat: Grey College, Willem Postma.
Noord-Gauteng: Curro Hazeldean, Southdowns College.
Kwazulu-Natal: Vriginia Preparatory School.
Limpopo: Laerskool Bosveld, Laerskool Tzaneen.
Mpumalanga: Laerskool Lydenburg, Laerskool Staatspresident C.R. Swart
Noord-Kaap: Kathu Primary School.
Noordwes: Laerskool Saamtrek, Laerskool Rustenburg.
Suid-Kaap: Outeniqua Primary.
