Sport

Middieguts gewys die naweek

Hoërskool Middelburg se hokkie, krieket- en rugbyspanne het 'n besige paar dae agter die blad!

Hokkie:

Al het hulle met net nege spelers die Noordvaal uitspele aangepak, het Middies se o/14 seunshokkiespan met hul Middieguts steeds algeheel sesde by Noordvaal geëindig: Die skool se dogters- en seunsspanne het die naweek by die Noordvaal uitspele harde wedstryde gespeel.

Dogtershokkie:

Die o/14A-span se uitslae is as volg: vs Transvalia: 1-1 vs Monument 3-3. vs Menlopark 0-2 (verloor).

Die o/15A’s bou hierop voort met dié uitslae: vs Driehoek 1-0, vs Kemptonpark 3-0, vs Affies 2-2. In die kwartfinaal verloor Middies 0-2 teen Waterkloof om onder die top agt spanne te eindig.

Seunshokkie:

Die o/14A seunshokkiespan verloor 3-4 vs Rustenburg, wen 6-1 vs Louis Trichardt, verloor 1-6 vs Menlo (wat Noordvaal wen), wen 3-2 vs Potch Gimnasium en verloor 0-4 teen Pietersburg. Hierdie spannetjie het met net nege spelers (wat drie reserwes insluit) gespeel, omdat die rugbyseuns nie betyds terug sou wees van die Beeld uitspele wat in Middelburg besis is nie.

Krieket

Derdes: MHS se derde krieketspan verloor met 14 lopies teen Hoërskool Kanonkop se tweede span.

Eerstes: Die eerste krieketspan het hard teruggeveg teen Hoërskool Hoogenhoot wat die telling opgejaag het in hul kolfbeurt. Middies verloor die wedstryd, maar is trots op Marius Verwey met 90 lopies en Nicol van Wyk met sy 53 lopies.

Coke reeks:

Hoërskool Middelburg se tweede span pak Hoërskool Alberton by die Roodepoort Rugbyklub en verloor 13-24.

Sewes toernooi

MHS neem deel aan die sewes rugbytoernooi by Hoërskool Kanonkop en die eerste span val in die semi-finaal vas teen Ligbron (7-24).

Beeld kwartfinaal:

Middies se o/14A-span verloor in die Beeld kwartfinaal teen Hoërskool Monument met 7-45. Armand Terblanche het die drie vir MHS gedruk en Coenraad Visser het die doelskop tussen die pale deurgesit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button