Sport

‘n Lyf wat titels wen

Karien van der Wal het pas mej. SA Xtreme vir vroue bo 35 gewen!

Vroue wat haar “Bootcamp” klasse bywoon weet dat daar geen kortpaadjies is as jy ‘n perfekte lyf wil hê nie.

Op 38 het sy ‘n lyf wat jong vroue net van kan droom. Maar dit verg ure se oefening en ‘n streng dieet om al die kurwes op die regte plek te hou.

Sy sê dat ‘n uur se oefening nie so erg is nie, die groot uitdaging is die volgende 23 uur van die dag om nie verkeerd te eet nie!

Karien se gespierde lyf het haar die afgelope maar maande ‘n rits toekennings besorg.

In 2013 eindig sy vyde in die Millenium Gold Plate Vroue Strandbikini (ope afdeling) en wen die mej. SA Xtreme kompetisie vir vroue ouer as 35.

2014 is ‘n besige jaar en sy behaal die volgende plekke:

• Eerste: Mpumalanga Beginners Skou Vroue Bikini (fiksheid afdeling).

• Tweede: NABBA SA Pretoria Classic-vroue ope bikini (langer as 1.63m).

• Eerste: mej. SA Xtreme strandbikini (langer as 1.63).

• Derde: FBB H&H Vroue strandbikini (langer as 1.63m).

Sy neem Saterdag in die Witbank Stadsaal aan die Mpumalanga kompetisie deel waar sy hoop om te kwalifiseer vir die SA’s in Kaapstad gedurende September. Daarna volg die wêreldkampioenskappe in Kanada (Oktober).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button