Pumas mors met Griekwas
'n Kragvertoning in die tweede helfte en twee drieë deur Jerome Pretorius het gesorg dat die Pumas die Griekwas 33-15 in Nelspruit ore aangesit het
Die tuisspan het ‘n rustydagterstand van 11-12 uitgewis en sodoende vir almal in die Premierafdeling gewys dat hulle beslis nie kanonvoer vanjaar sal wees nie.
Die Pumas lê tans vierde op die punteleer – slegs ‘n punt agter die Goue Leeus in die derde plek.
Hulle speel die naweek teen die Haaie op Mbombela.
Justin van Staden is met sy 23 punte die span se voorste puntemaker, terwyl Corné Steenkamp, Renaldo Bothma en Pretorius elk twee drieë in die reeks gedruk het.
Steval Pumas: Drieë: Jerome Pretorius (2), Renaldo Bothma, Corne Steenkamp. Doelskoppe: Justin van Staden, JC Roos. Strafskoppe: Van Staden (2), Roos.
GWK Griekwas: Drieë: Marnus Schoeman, Dean Grant. Doelskop: Grant. Strafskop: Grant.
