Haai, nou’s dit sewes!
Rugbyliefhebbers kan hul vere regskud vir vuurwarm skoolsewes wanneer Hoërskool Middelburg die naweek die eerste been van die nuwe Noordvaaltoernooi vir o/15- en o/17-spelers aanbied.
Van die beste jong sewestalent in die provinsie sal Saterdag by Middies in aksie wees en daar is beslis genoeg op die spel. Die wenners en naaswenners van hierdie kompetisie dring deur na die Noordvaaltoernooi wat op 18 Oktober in Pretoria by Hoërskool Menlopark aangebied word.
Veral in die o/17-kategorie kan dinge interessant raak met groot honde soos Middies, HTS Middelburg, HTS Witbank en Nelspruit wat almal sake vir die top twee plekke uitspook.
Boonop is MHS en die Rooies se blitse saam in een groep. Hulle speel reeds om 11:20 teen mekaar in wat – as alles goed verloop – as die kleedrepetisie vir die bekereindstryd om 17:30 gesien kan word.
Kom geniet dus die toorkunsies van Cyprian Nkomo, Jacques du Toit, Ruben Roodt, Brandon Parr-Bayley en kie.
• Hino Middelburg het op kort kennisgewing betrokke geraak as borg vir die geleentheid en sal ook gedurende die dag ‘n uitstalling hou. Hekke open reeds om 07:00 en toegang is R10 per persoon.
• o/17 Groepe:
Groep A: Nelspruit, HTS Witbank, Hommels, Hoogenhout.
Groep B: Hoërskool Middelburg, Hoërskool Generaal Hertzog, Lowveld, HTS Middelburg.
• o/15 Groepe:
Groep A: Nelspruit, Lowveld, Ligbron
Groep B: Lydenburg, HTS Middelburg, Hoogenhout
Groep C: HTS Witbank, Hertzog, Hoërskool Middelburg
• MHS se o/17-span: Cyprian Nkomo, Jopie Kuhn, Nefdt du Toit, Ruben Roodt, Chris Hanekom, Telvin Mhlongo, Fana Ngwenya, Marcel Dique, Steven Pieterse, Mpumelelo Mattias, Wandile Shabangu, Dewald Coetzee.
• HTS Middelburg se o/17-span: Eric Basson, Ruan Ludick, Gerik Mynhardt, Walter Janse van Rensburg, Ryan Cloete, Brandon Parr-Bayley, Jacques du Toit, JC Pretorius, Waldo Conradie, Hein de Beer en Zander Joubert.
• MHS en HTS se bepalings (o/17):
MHS:
08:40 teen HGH
10:00 teen Lowveld High
11:20 teen HTS Middelburg
14:00 teen HTS Witbank
HTS Middelburg:
09:00 teen Lowveld High
10:20 teen HGH
11:20 teen Hoërskool Middelburg 13:40 teen Hommels.
