Sport

Blitsbrekers by MHS

Dit was Saterdag 'n geval van "vinnig, vinniger, sewesblitsvinnig" tydens die Hino Sewestoernooi by Hoërskool Middelburg vir o/15- en o/17-spanne.

In die o/17-kategorie het HTS Middelburg in ‘n spannende bekereindstryd 17-12 teen Nelspruit vasgeval, terwyl Middies 46-10 teen die Hommels in die plaatfinaal baas was. Vroeër het die Rooi- en Groenblitse 10-10 in die groepafdeling gelykop gespeel.

Middies se o/17 span dring egter saam met HTS Middelburg na die Noordvaaltoernooi by Menlopark deur, na Nelspruit onttrek het.

Die Rooies se o/15-span is die wenners van die toernooi, na hulle Middies 14-5 in die bekereindstryd geklop het.

Die dorp spog dus met vier spanne wat die provinsie by die Noordvaaltoernooi gaan verteenwoordig!

• o/17-uitslae:

HTS Middelburg:

33-0 teen Lowveld

59-0 teen Hoërskool Generaal Hertzog

10-10 teen Hoërskool Middelburg

46-0 teen MHS Hommels (halfeindstryd)

12-17 teen Nelspruit (bekereindstryd)

Hoërskool Middelburg I:

26-0 teen HGH

38-0 teen Lowveld

10-10 teen HTS Middelburg

0-31 teen Nelspruit (halfeindstryd)

46-10 teen Hommels (plaateindstryd)

Middie Hommels:

12-5 teen Hoogenhout

5-29 teen Nelspruit

40-14 teen HTS Witbank

0-46 teen HTS Middelburg (halfeindstryd)

10-46 teen MHS I (plaateindstryd)

• o/15-uitslae:

HTS Middelburg:

59-0 teen Lydenburg

17-12 teen Hoogenhout

26-0 teen HTS Witbank (halfeindstryd)

14-5 teen MHS (bekereindstryd)

Hoërskool Middelburg:

44-0 teen HGH

21-7 teen HTS Witbank

28-7 teen Ligbron (halfeindstryd)

5-14 teen HTS Middelburg (bekereindstryd)

Hommels:

38-0 teen Lowveld

31-7 teen Ligbron

0-36 teen Hoogenhout

33-7 teen HGH.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button