Sport

Daniel slaan 218*

Die Rooipette van HTS Middelburg het hul wenveldtog voortgesit tydens hul kragmeting teen Hoërskool Generaal Hertzog.

HTS Middelburg wen die loot en kolf eerste en teken ‘n verbysterende 499 lopies aan met slegs twee paaltjies plat in hul 50 beurte.

Uitsonderlike kolfwerk vir die Rooipette is gelewer deur Daniel Griesel wat 218 lopies aanteken van slegs 106 balle (nie uit nie) en Marko de Kock (openingskolwer) met 182 lopies van 147 balle (nie uit nie).

Daniel en Marko se vennootskap het 17 viere (elk) ingesluit met vier sesse van Marko se kolf en 17 sesse deur Daniel – wat sy tweede honderdtal van slegs 29 aflewerings aangeteken het. Dié twee het behoorlik gewerk en het saam elkeen 3.2 kilometer tussen die paaltjies gehardloop vir die res van hul lopies.

Openingskolwer Gerhard van Aswegen dra ook weer 30 lopies by tot die span se totaal.

HTS haal die Witbankers almal uit vir 77 lopies. Veral Armand Delport het uitgeblink en spog met boulsyfers van 10-9-3, terwyl Ellwyn Thomos 4-11-2 en Benjamin van Niekerk 10-45-2 ook paaltjies geneem het.

Die Rooies wen dié wedstryd met 422 lopies en speel Saterdag teen Hoërskool Hoogenhout.

• Die tweede krieketspan het in die eerste liga se Nkangala-finaal teen die eerste span van Hoërskool Kanonkop op die teenstanders se tuisveld te staan gekom.

HTS Middelburg kolf eerste en teken 167 lopies aan, waarvan Jandré Venter 45 lopies geslaan het.

Hoërskool Kanonkop word daarna tot 133 lopies beperk met Wikus Coetzee wat vier paaltjies in agt beurte neem.

HTS wen die wedstryd met 34 lopies en verwef die titel as Nkangala-eerste ligawenners vir die tweede opeenvolgende jaar.

• Die o/15A-span het ook teen Hoërskool Generaal Hertzog gespeel in die Superliga.

HGH kolf eerste en teken 175/10 in 49.3 boulbeurte aan. Die beste boulers vir die Rooies was Tiaan Swarts (10-19-3), Armand Scorgie (10-28-3) en P.G. Slabber (5-10-1).

HTS slaan daarna 179/7 in 36 boulbeurte met Jeandré Visser se 33, Franco du Toit se 22* en Scorgie se 19 wat tot die sege van drie paaltjies bydra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button