Ruan: ’n ysterperdryer van staal
HTS Middelburg se Ruan Wilcocks het nie net ’n ysterperd nie, maar ook bene van yster as dit by bergfietswedrenne kom.
Dié kranige fietsryer droom groot en werk hard om sy drome te verwesenlik.
Ruan droom om eendag die ABSA Cape Epic en die Nedbank Sani2C te ry. Na skool wil hy homself as professionele fietsryer bekwaam wat uiteindelik sy land in oorsese wedrenne sal verteenwoordig.
Die jaar 2014 was ’n goeie jaar vir dié amateur-fietsryer en hy spog met die volgende prestasies:
* Nissan Trailseeker 3 (Curro College): Algeheel 60ste, 16de in kategorie.
* Nissan Trailseeker 2 (Hakahan): Algeheel 112de, 21ste in kategorie.
* Nissan Trailseeker 1: Algeheel 189ste, 29ste in kategorie.
* MTN XCM Nr 2 Sabie aangebied deur Nissan: Algeheel 10de, tweede in kategorie.
* MTN XCM Nr 1 Dullstroom aangebied deur Nissan: Algeheel 178ste, 23ste in kategorie.
* Die Gorge MTB-resies: Algeheel tweede, eerste in kategorie.
* CEFAS Stoffberg: Algeheel vierde, derde in kategorie.
* Race of Grace: Algeheel derde, eerste in kategorie.
* Crossing Boundaries: Algeheel tweede, eerste in kategorie.
* Skolereeks (Tour de Parys in Maart): 28ste algeheel
* Skolereeks (Tour de Parys in April): 20ste algeheel
* Skolereeks (Tour de Parys in Mei): 19de algeheel
* Mpumalanga Skole by Curro Nelspruit: 12de algeheel
* Mpumalanga Skole by Mankele: Tiende algeheel
* Mpumalanga Skole by Penryn College: algeheel 13de
• Ruan is reeds besig met sy voorbereiding vir deelname aan verdere kompetisies vanjaar, waaronder die vierde en vyfde Nissan Trailseeker by Roodeplaat (4 Oktober) en Irene (1 November), die ALZU Tour de Farm (8 November) en die Sabie Experience (13-15 Desember)
