Sport

Dippenaar druk twee

Die Valke het vir die eerste keer sedert 2005 vir die eindstryd van die Eerste Liga gekwalifiseer toe hulle die Luiperds 31-24 in Potchefstroom geklop het.

Dirk Dippenaar was een van die span se groot helde met sy twee drieë. Die oud-Middievleuel het in die 14de en 21ste minuut van die wedstryd gedruk en die rustydtelling was 19-19.

‘n Sterk vertoning in die tweede helfte het egter die wedstryd in die Valke se guns geswaai.

• Die Valke speel nou op 17 Oktober teen die Griffons.

• Dillon Smit het vir die Luiperds op skrumskakel uitgedraf.

• Met sy vier drieë is Dippenaar gesamentlik die tweede voorste driedrukker in die reeks.

• Puntemakers:

Valke: Drieë: JP Mostert, Dirk Dippenaar (2), Anrich Richter, Bruce Muller. Doelskoppe: Juan Kotze (3).

Luiperds: Ryno Smith (2), Sylvian Mahuza (2). Doelskoppe: Andre Pretorius (2).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button