Pumas verloor stoom
Die Pumas het Vrydagaand 6-37 teen die Blou Bulle op Mbombela vasgeval en in die proses hul tweede agtereenvolgende nederlaag op hul tuisveld gely.
Tog het hulle steeds ‘n geringe kans om die halfeindstryd van die Curriebekerreeks te haal.
Om dít te doen, sal hulle volpunte teen die OP Kings in Port Elizabeth moet kry én hoop die Bulle kry nie ‘n bonuspunt op Loftus Versfeld teen die Griekwas nie. O ja, dan moet die Cheetahs ook liefs nie teen die Leeus wen nie.
Die span het tans 19 punte op die punteleer, die Cheetahs 21 en die Blou Bulle 23.
• Puntemakers:
Pumas: Strafskoppe: Justin van Staden (2).
Blou Bulle: Drieë: Jacques du Plessis, Dean Greyling, Piet van Zyl, Deon Stegmann. Doelskoppe: Jacques-Louis Potgieter (3), Tian Schoeman. Strafskoppe: Potgieter (3).
• Komende naweek se bepalings:
Vrydag: Pumas teen OP Kings (Port Elizabeth)
Saterdag: Cheetahs teen Leeus (Johannesburg) en Blou Bulle teen Griekwas (Loftus Versfeld).D
