Ruiters aan die brand
Ruiters van Hoërskool Middelburg was in aksie by die Nasionale Skole Perdesport (SANESA)-vertoning by Misty Meadows.

Tussen strawwe kompetisie en selfs ‘n tikkie drama – ‘n veldbrand het buite beheer gewoed wat genoodsaak het dat die skougrond ontruim moes word – het die ruiters hul goed van hul taak gekwyt. Daar was tot 60 ruiters per klas en die beste skoolruiters in die land het deelgeneem.
• Anestashia Hamman (graad 10) en Bandit: negende en 24ste plekke.
• Jade Hancke (graad nege): 20ste, 28ste en 45ste plek met CH Fly by Night. Op Nooi Nancy behaal sy ‘n vierde plek, 19de plek, 14de plek, agtste plek en 10de plek.
• Jenna Erasmus (graad nege): 45ste plek met Davenport in skouspring.
• Leandré Buhr (graad nege) en Ajan: 12de, 29ste, 13de, 16de, 12de plek.
• Mariné Cloete (graad nege) en Belloosa Cosmic Moment: 42ste plek in skouspring.
• Sanmari de Jager (graad nege) en Equi-Feeds My Action Man: 30ste, 14de, 29ste, 22ste en vierde plek