Sport

‘The Wolf’ steeds baas

Pieter "The Wolf" de Klerk het sy MFC-titel suksesvol by Graceland in Secunda verdedig.

Die 24-jarige Middelburger se geveg het tot die vierde rondte geduur, voor hy sy teenstander met ‘n tegniese uitklophou getroef het.

Volgens Zane Kruger – wie die heeltyd in De Klerk se hoek was – was dit ‘n baie goeie geveg vir die toeskouers om te ondersteun. “Daar was iets van alles gewees – van skopboks tot stoei. Pieter het egter die oorhand begin kry toe hy staande bly en ‘n paar houe geplant het.”

De Klerk erken weer dat dit een van sy moeiliker gevegte was, soos die kneusplekke aan sy oog en oor getuig.

Maar die gevegbeampte het steeds sy hand na die afloop van die kragmeting gelig. Wat wys dat ‘n wolf nie sommer omgeblaas word nie.

• De Klerk spog met die GFC- en MFC-titel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button