Sport

Jy’s óf Leeu óf WP

Die Curriebekereindstryd skop die naweek af wanneer die Leeus en Westelike Provinsie mekaar op Nuweland pak.

En anders as Naas Botha – wie waarskynlik “Bulls by fifteen points” sal sê, al speel die Pretorianers nie eers in die finaal nie – het Middelburgers nogal slim en hopelik akkurate voorspellings gemaak.

• Die Leeukamp:

Hannes Brits: “Dit gaan ‘n harde wedstryd wees, maar in totaliteit speel die Leeus tans die beter rugby. Hulle behoort te wen en ek skat die telling gaan 22-18 in die Leeus se guns wees.”

Louw Maartens: “Die Leeus het ‘n 90% kans om te wen en ek glo hulle sal dit doen. Ons het tans die beste pak voorspelers in die land en ons agterspelers laat die bal lekker loop. Hoewel die telling nie groot gaan wees nie, dink ek dit sal 17-13 in die Leeus se guns wees.”

Gerhard Strydom: “Die verskil tussen die twee spanne is die Leeus se voorry – ons gaan hulle stukkend skrum. Verder speel die hele span kookwaterrugby en met Jaco Kriel aan die voortou, gaan niemand hulle keer nie. Die telling gaan 42-22 wees.”

• Die WP-faksie:

Christo Vlok: Die feit dat baie Blou Bulle skielik in Leeus-ondersteuners ontpop het, skeel hom nie veel nie. “Die WP het tuisskare-voordeel en hulle bereik top-vorm op die regte tyd. Hulle behoort 28-12 te wen.”

Elaine Neethling: “Seabelo Senatla is die groot verskil tussen die twee spanne. Dan het ons spoed en eindstryd-ervaring in ons guns. Die WP wen 28-22.”

Dr. Thinus van der Merwe glo dat daar nie ‘n beter span as die WP is nie. “Ek kan nie sien dat die WP gaan verloor nie. Die Leeus is ook goed, maar die WP se tuisveldvoordeel en beter spel sal hulle deurdra. Die eindtelling kan 27-16 wees.”

Linden Coetzee dink dat die huidige spelpeil van die Leeus hulle die gunsteling maak. “WP se skrum gaan swaar leef. Nogtans dink ek WP 20 Leeus 17.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button