Sport

Flemming steeds aan die brand

Op die hokkieveld is enige span se mikpunt om doele aan te teken. En Kaila Flemming is besig om die een doelwit na die ander op haar lysie af te merk.

Die oud-Hendrinaleerling het vroeër vanjaar (Januarie tot Maart) vir die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan in ’n reeks teen Holland, Australië, België en Skotland gespeel.

Sy het ook saam met haar Universiteit van Johannesburg-spanmaats die Suid-Gautengliga ingepalm.

Flemming het die SA-oefengroep gehaal, wat moontlik weer in ’n soortgelyke internasionale reeks gedurende Januarie en Februarie 2015 in die Kaap sake sal uitspook. “Ons wag net vir die nuwe nasionale afrigter om aangestel te word vir bevestiging.”

Dan is daar ook ’n groot moontlikheid dat sy volgende jaar in Australië vir ’n klub gaan speel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button