Sport

Nuwe kampioene vir streek

Die jaarlikse Nkangala geslote junior tenniskampioenskap is op Middelburg afgehandel.

Nagenoeg 100 van die streek se top junior spelers het sake uitgespook, om gekroon te word as kampioene in die onderskeie ouderdomsgroepe.

Die toernooi dien ook as proewe vir die kies van spanne in 2015. Die dogters o/11-afdeling is gewen deur Kyla Steyn van Laerskool Middelburg, terwyl Lex van Wyk van C.R. Swart in die tweede plek geëindig het. Joanet Wassenaar van C.R. Swart was derde.

Ross Labuschagne van Cambridge Academy het die titel verower by die seuns o/11, terwyl Heinrich Roothman van C.R. Swart as naaswenner uit die stryd getree het. Franco Lamprect van Klipfontein het in die derde plek geëindig.

In ‘n titaniese stryd het Henco du Plooy van Kanonkop daarin geslaag om naelskraap te wen teen Niu van Wyk van C.R. Swart. Die telling was 4/6 7/5 10/8. JP Pretorius van C.R. Swart eindig derde. Lydia Wilsenach van Robert Carruthers in eMalahleni het geseëvier by die dogters o/13 toe sy afgereken het met Lerisha Storm van C.R. Swart in die eindstryd. Stacy Williams van C.R. Swart het in die derde plek geëindig.

Die seuns o/15-kampioen vir 2014 is Derian Janeke van HTS Middelburg. In die finaal het hy te staan gekom teen Dirkse Steenkamp van Laerskool Middelburg. Die derde plek is ingeneem deur Reinhardt Kritzinger van C.R.

Shanri Nortje van HTS Middelburg is die kampioen by die dogters o/15, met Anri Pienaar in die tweede plek en Marlize Aucamp van MHS derde.

Dylan Hanslo en Leme du Toit van HTS Middelburg is as seun- en dogterkampioene in die o/18 afdeling gekroon. Hein van der Berg was tweede en Ismail Gani derde.

By die dogters het Ashley Wilson tweede geëindig terwyl Riana Wassenaar in die derde plek klaargemaak het.

Daar kan met groot verwagting uitgesien word na die 2015 seisoen met die uitstekende talent wat na vore getree het, sê Charl Basson, wat vir `n verdere termyn verkies is as voorsitter van die juniorvereniging.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button