Sport

CVO Gromar hou prysuitdeling

Gromar se jaarlikse prysuitdelingsfunksie vir graad 0-12 was ’n spoggeleentheid waar leerlinge in verskeie kategorieë beloon is vir harde werk, onder andere akademie, sport, kultuur en die spesiale toekennings wat op ’n tabel bereken word volgens punte vir elke afdeling.

Hier het die graad O’e tydens hul gradeplegtigheid afskeid geneem van die kleuterskool, terwyl die 2014-matriekgroep afskeid geneem het van hul skoolloopbaan.

Mev. Ronel Swart, die huidige graad 12’s se heel eerste graad 0 juffrou by CVO Gromar, het met baie mooi woorde in ‘n brief afskeid geneem van die graad 12’s en hul voorspoed op hul lewenspad vorentoe toegewens.

Daar is hierdie jaar weer eens baie goed presteer deur al die grade op die akademiese gebied, sowel as op kultuur- en sportvlak. Akademies is die hoogste toekennings gemaak aan Daniëlle Aucamp wat weggestap het met die DUX-trofee vir graad 12. Sy was ook die dogter wat die KLAS-trofee ontvang het (waar ’n leerling op elke gebied van kultuur, leierskap, akademie en sport moes deelneem en presteer het), terwyl SM Roux die seun was wat die KLAS-trofee ontvang het.

Jandré Terblanché ontvang die graad sewe DUX-trofee en hy is ook aangewys as die KLAS-leerling vir graad sewe.

Op die kultuur-gebied het Miamien van der Ryst (graad een tot drie), Armin Smit (graad vier tot sewe) en Paula Wiggett (gr agt tot 12) die kultuurskilde ontvang. Quinten Eksteen is aangewys as die Redenaar van die jaar in die laerskool en Tina-Marie Pretorius in die hoërskool.

Op sportgebied is daar in elke fase ’n Victor en Victrix Ludorm aangewys soos volg:

In die laerskool o/6 tot o/9 afdeling is Jurien Janse van Rensburg aangewys as Junior Primêre Victrix Ludorum en Wian Smit as die Junior Primêre Victor Ludorum.

In die Laerskool o/10 tot o/13 afdeling is Carmen Brits aangewys as Senior Primêre Victrix Ludorum en Lean Vosloo as Senior Primêre Victor Ludorum.

In die Hoërskool o/14 tot o/16 afdeling is Marné de Jager aangewys as Junior Sekondêre Victrix Lodorum en Jacques Vosloo as Junior Sekondêre Victor Ludorum.

In die Hoërskool o/17 tot o/19 afdeling is Maryke de Jager aangewys as Senior Sekondêre Victrix Lodorum en Dries Noeth as Senior Sekondêre Victor Ludorum.

Daar is ook in die onderskeie afdelings ’n sportman en -vrou aangewys. Hierdie leerlinge se sportprestasie word volgens ’n puntetabel bereken wat gebasseer is op die verskeidenheid sportsoorte en prestasie-vlak wat in elke sportsoort bereik is regdeur die jaar.

Vir o/6 tot o/9 is die sportdogter vir die jaar Miamien van der Ryst en die sportman vir die jaar Wian Smit.

Vir o/10 tot o/13 is die sportdogter vir die jaar Inelle Nieman en die sportman vir die jaar Lean Vosloo.

Vir o/14 tot o/19 is die sportdogter vir die jaar Laurette Boshoff en die sportman vir die jaar Jacques Vosloo.

Die laerskool en hoërskool leiers is ook as hoogtepunt vir die aand aangewys.

Die laerskoolleiers wat aangewys is, is Melissa Roesch, Anél Eksteen, Lean Vosloo en Ebert van der Ryst. Die hoërskoolleiers is Marizaan Meyer (hoofmeisie), Dawie Womarans (hoofseun), Laurette Boshoff (onderhoofmeisie), Jaco van der Westhuizen (onderhoofseun) en Carien Wassermann.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button