Swartes kry Pumatrofee
Middelburg Rugbyklub het tydens die Pumas se toekenningplegtigheid die trofee vir die beste klubsewesspan in die provinsie ontvang.
Die Pumas se Renaldo Bothma is as die unie se speler van die jaar aangewys.
• 2014 Vodacomspeler van die Jaar: Renaldo Bothma
• Belowendste Voorspeler van die Jaar: Vincent Koch
• Belowendste Agterspeler van die Jaar: Wilmaure Louw
• Beste Vordering in 2014: Lubabalo Mtyanda
• Meeste drieë in 2014: Stefan Watermeyer (Vier)
• Meeste punte in 2014: Justin van Staden (100)
• Lojaalste Speler van die Jaar: DeJay Terblanché
• 2014 Beste verdediger (voorspeler): Corné Steenkamp
• 2014 Beste verdediger (agterspeler): Ruwellyn Isbell
• Voorspeler van die Jaar: Vincent Koch
• Agterspeler van die Jaar: Stefan Watermeyer
• 2014 Spelers se Speler van die Jaar (ook spesiale dienstoekenning): Corné Steenkamp (159 wedstryde)
• Suparugby.com se SupaPuma van die Jaar: Vincent Koch
• Curriebekerspeler van die Jaar: Renaldo Bothma
• Steval Pumaspeler van die Jaar: Renaldo Bothma.
Meer foto’s verskyn op www.mobserver.co.za.
