Die nuutste kandidaat is die slot, Giant Mtyanda, wat deur die Cell C Sharks genader is om by hul oefengroep aan te sluit. Indien hy die span maak, sal altesaam 12 Pumas vir Superrugbyspanne uitdraf.
Oud Pumas JW Jonker en Coenie van Wyk sal saam met Torsten van Jaarsveld en Shaun Venter vir die Cheetahs in aksie wees, terwyl Stefan Watermeyer, Rudi Mathee, Corné Fourie en Faf de Klerk die Lions ekstra maanhare sal gee.
Dan is Renaldo Bothma reeds by die Sharks en Vincent Koch by die Stormers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
