Sport

Bootcamp kweek wenners

Bootcamp is duidelik nie vir sissies nie - soos wat die lede van Absolute Bootcamp die afgelope twee maande gewys het.

Meer as 20 spanne het ingeskryf en die sentimeters en vetpersentasie het behóórlik geval.

Die kompetisie het vir twee maande geduur en die wenner word bepaal deur die span wat die meeste vetpersentasie verloor het.

Die groep van 22 (44 mense) het 112.3 kilogram, 159.31% vet en 580.5 sentimeter verloor.

Boonop het die wenspan R12 000 in hul sak gesteek!

• Wenners: Ansja Du Toit en Daleen Smit. Hulle verloor 11.6 kg, 15.44 % vet en 42.7cm.

• Tweede plek: Dini Swanepoel en Johanita Bester. Saam het hul 11.5 kg, 14.2 % vet en 57.2cm verloor.

• Derde plek: Joarita Olivier en Karlien Janse van Vuuren. Hulle verloor 9.4 kg, 14.2 % vet en 52.1cm.

• Span wat die meeste kilogram verloor het: Melissa Bekker en Dez Wilcox. Hulle het 13.4 kg, 7.36% vet en 56.6cm verloor.

• Individuele wenners: Rayford Tupper verloor 7.5kg, 2.83% vet en 28.6cm. Johanita Bester verloor agt kilogram, 8.04% vet en 36.5cm.

• Lerentia Strydom bedank al die borge vir hul ondersteuning.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button