Sport

Die Verwey Klubhuis is hier!

Dit was toe nie net die grenshoue wat Woensdagmiddag op Hoërskool Middelburg se krieketveld neergereën het nie, maar lof vir hul nuwe krieketklubhuis het ook van alle oorde ingestroom.

Die amptelike opening van die Verwey Krieketklubhuis was ‘n reuse sukses met twee gemengde laerskoolspanne wat mekaar die stryd aangesê het én Middies se eerste krieketspan wat kragte teen oud-Middies gemeet het.

Ten spyte van Ruan van der Merwe se honderdtal en Buks van Staden se vyf paaltjies, moes die Old Bats steeds die knie teen hul jonger teenstanders buig.

* Middies se eerste span het die Old Bats met twee paaltjies in hul Pro20-kragmeting geklop.

Old Bats: 174/6 in 20 boulbeurte.

• Ruan van der Merwe 107 nie uit nie

• Marius Verwey 3/20

Middies: 178/8

• Andrew Martin 32

• Buks van Staden 5/37

* In die laerskolestryd het die Groen Young Bats die Geel Young Bats met 11 lopies gewen.

• Young Bats Kolwer: Waldo Kruger (Laerskool Middelburg)

• Young Bats Bouler: Jonty Roberts (MPS)

• Young Bats Veldwerker: Tiaan du Preez (C.R. Swart)

• Young Bats Speler van die Dag: Henco du Plooy (Laerskool Kanonkop)

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
 
Back to top button