Biolink lewer Dux-leerling
Elsie Jacobs: Laerskool Kanonkop se Idette Scheepers se besondere prestasie op akademiese en sportgebied het haar verlede jaar die titel as die skool se Dux-leerling besorg.
Sy is ook ‘n Biolink-student.
Biolink gebruik unieke tegnologie wat op verskillende maniere jou konsentrasie in reële tyd meet en die brein strategieë aanleer om langer te konsentreer, en te fokus op spesifieke take.
Konsentrasie is ‘n vaardigheid. As die kind die vaardigheid aangeleer het, word sy huiswerktyd korter en hy is meer georganiseerd om sy take betyds af te handel.
By Biolink word daar ‘n “bodywave” armband gebruik om jou in staat te stel om speletjies slegs met konsentrasie te speel. Hierdie speletjies spreek kort- en langtermyngeheue aan en jy leer om dinge wat jou aandag aftrek, te ignoreer.
Vir meer inligting oor Biolink, besoek www.bio-link.co.za of bel 082 9799 848.
