Dit is tyd vir Assupol!
Die laaste vriendskaplike wedstryd is agter die rug. Nou begin die seisoen in alle erns vir Middelburg Rugbyklub wanneer hulle Springs in hul eerste Assupolwedstryd pak.
Afrigter Gerry Gendall sal Saterdag se wedstryd met ‘n geruste hart aanpak – sy jong span het vir Benoni 16-0 op hul tuisveld uitoorlê.
Veral die agterlyn lyk gevaarlik met spelers soos Neil Jansen van Rensburg, Francois de Kock en Wihan Adlem wie almal al op provinsiale o/21-vlak in aksie was. Die opwindende PJ Kruger maak ook sy terugkeer na ‘n ruk op die krukkelys.
Die oud-Middies, Rasto Botma en Xander Kritzinger is die skakelpaar, terwyl ervare spelers soos Braam van der Merwe en Hendrik du Toit voorlangs die skrum anker.
Afskoptyd is om 16:00.
Swartes teen Springs: Neil Jansen van Rensburg, Francois de Kock, Wihan Adlem, PJ Kruger, Ronald Langenhoven, Rasto Botma, Xander Kritzinger, Gerhard van Niekerk, Ejnar Ericson, Mandla Dlangalala, Ruaan Brand, Jannie Pretorius, Braam van der Merwe, Waldo Nelson en Hendrik du Toit.
• Uitslae teen Benoni:
Eerste span: 16-0. Spelers van die wedstryd: Mandla Dlangalala en Francois de Kock
Tweede span: 15-13. Spelers van die wedstryd: Vleis Schonfeldt en PJ Kruger.
Derde span teen Benoni o/21: 0-49. Spelers van die wedstryd: JP Delport en JP du Preez.
• Die klub speel volgende week hul eerste tuiswedstryd.
• Middelburg het verlede jaar met die Assupoltitel weggestap, na hulle vir Vaal Reefs in die eindstryd op Loftus Versfeld gewen het.
