Sport

Middies begin teen Ermelo

Die Interhoër-atletiekbyeenkoms is skaars verby, of Hoërskool Middelburg skop hul wintersportseisoen die naweek op hul tuisveld teen Hoërskool Ermelo af.

Middies sal in hokkie- (seuns en dogters), netbal- en rugbywedstryde gewikkel wees.

Hoewel die eerste rugbyspan teen druktyd nog nie bekend gemaak is nie, kan die skool ‘n goeie rugbyseisoen verwag. ‘n Groot groep van verlede jaar se XV-tal (waaronder leiers soos Marius Verwey en Nefdt du Toit) is weer beskikbaar.

Program:

• Rugby:

08:00: o/14A (A-veld); derde span (B-veld)

09:00: o/15A (A-veld); o/16B (B-veld)

10:00: Tweede span (A-veld); o/14B (B-veld)

11:00: o/16A (A-veld); o/15B (B-veld)

12:00: Eerste span (A-veld)

• Netbal:

08:00: o/15A (Baan 1); o/14A (Baan 2); o/16B (Baan 3).

08:40: o/17A (Baan 1); o/14B (Baan 2)

09:20: o/16A (Baan 1); o/18B (Baan 2)

10:00: o/18A (Baan 1)

• Dogtershokkie:

08:00: o/16B (A-veld); o/15A (B-veld); o/14B (C-veld).

09:00: o/16A (A-veld); o/15B (B-veld); o/14A (C-veld)

10:00: Tweede span (A-veld)

11:00: Eerste span (A-veld)

• Seunshokkie:

12:00: o/14A (A-veld)

13:00: o/16A (A-veld); o/15A/tweede span (B-veld)

14:00: Eerste span (A-veld).

Back to top button