Sport

Rooi-wintersport aan’t opwarm

HTS Middelburg het hul wintersportprogram die naweek afgeskop met opwarmingswedstryde teen Transvalia ter voorbereiding van die eerste rondte van die TUKS Top 16-Reeks wat hierdie Saterdag teen Klerksdorp op die Rooies se tuisveld plaasvind.

Beplanning van die wintersportspanne was ‘n fyn balanseerkuns, aangesien die atlete nie beskikbaar was nie en vandag (Dinsdag) aan die PUK-Interhoër in Rustenburg deelneem.

Die Rooies was egter slaggereed en het Saterdag korte mette met hul Transvalia-opponente gemaak. HTS Middelburg se eerste rugbyspan het met 45-14 gewen! Die skool se rugbyspanne teken ‘n totaal van 236 punte aan teenoor Transvalia se 88 punte, terwyl die netbalspanne nege uit 11 wedstryde wen!

Rugby:

o/14A: 22-18

o/14 B: 33-5

o/15A: 0-5

o/15 B: 12-15

o/16A: 25-3

o/16B: 17-5

Tweede span: 43-17

Derde span: 39-6

Eerste span: 45-14. Puntemakers: Drieë: Rubin Cross, Chrisjan Steynberg, Brandon Par-Bailey, Eric Basson (2) en Ruan Ludick (2). Doelskoppe: Parr-Bailey (5).

Netbal:

o/14A (Rooi): 21-5

o/14A (Blou): 13-24

o/14B: 13-8

o/15A (Rooi): 24-4

o/15A (Blou): 21-14

o/15B: 4-13

o/16A: 15-9

o/16B: 8-16

o/17A:17-3

o/17B: 26-6

o/18B: 20-7

Dogtershokkie:

o/14A: 1-2

o/14B: 0-5

o/15A: 0-0

o/15B: 3-0

o/16A: 0-3

o/16B: 7-0

Tweede span: 1-1

Eerste span: 1-4

Seunshokkie:

o/14A: 1-0

o/14B: 0-2

(speel teen Transvalia se

o/16B-span).

o/16A: 2-1

Eerste span: 3-1

Gholf:

Eerste span wen met 54 houe. Lede: Hanro Kilian (speel ‘n rondte van 72 – gelyk aan baansyfer), Stiaan van Aswegen, Reghard Viljoen en André Bosman.

Tweede span wen met 41 punte. Lede: Zandré Storm, PG Slabber, Wynand van Dyk en Chris-Paul Koegelenberg.

• Die skool se atletiekspan is vandag (Dinsdag) in aksie by die PUK Interhoër in Rustenburg..

Back to top button