Rooies te sterk vir Klerksdorp
HTS Middelburg het 'n sterk vertoning gelewer in die eerste van hul TUKS-wedstryde teen Klerksdorp.
Die skool het agt uit nege rugbywedstryde gewen en teken ‘n totaal van 292 punte (teenoor Klerksdorp se 192 punte) aan. Staatmakers vir die Rooi Bulle was JC Pretoruis, Derik Willemse, Tiaan Botha, Phillip Hennop, Lewin Bronkhorst, Jacques du Toit en Ryan Cloete, wat elkeen ‘n drie gedruk het, terwyl Brandon Parr-Bailey met drie doelskoppe en twee strafskoppe suksesvol was.
Dit was ook kookwaterwarm by die Rooiesnetbal wat sewe uit 10 wedstryde wen en 22 bonuspunte aanteken teenoor hul opponente se vyf.
Doele het geklap en stokke is geswaai, want die hokkiespanne het omtrént laat waai met die punte teen Klerksdorp! Al die dogter- en seunshokkiespanne van HTS Middelburg het gewen.
Uitslae (HTS se tellings eerste):
• Rugby:
o/14A: 0-24
o/14B: 48-0
o/15A: 20-5
o/15B: 36-5
o/16A: 19-15
o/16B: 52-15
Eerste span: 47-19
Tweede span: 43-5
Derde span: 27-12
• Netbal:
o/14A: 23-11
o/15A: 32-7
o/16A: 10-22
o/17A: 23-12
o/18A: 31-11
o/14B: 6-14
o/15B: 25-9
o/16B: 3-22
o/17B: 19-11
o/18B: 16-10
• Dogtershokkie:
o/14A: 1-0
o/14B: 5-0
o/15A: 1-0
o/15B: 3-2
o/16A: 4-0
o/16B: losloot
Tweede span: 6-0
Eerste span: 7-1
• Seunshokkie:
o/14A: losloot
o/16A: 11-0
Eerste span: 4-0
