Sport

Swartes teen Vaal Reefs

Middelburg Rugbyklub was verlede jaar in ’n paar titaniese stryd teen Vaal Reefs gewikkel. Eers het hulle op die Kees Taljaard Stadion verloor, voor hulle die krane behoorlik oopgedraai het om in die eindstryd van die Assupolreeks op Loftus Versfeld die bordjies te verhang.

Nou speel die Swartes die naweek op Klerksdorp teen die einste Vaal Reefs.

Die klub het verlede Saterdag goed teen die Pukke vertoon. Hoewel hulle 19-34 verloor het, kan hulle tevrede voel met hul wedstryd – veral as daar in ag geneem word dat Vaal Reefs vroeër met meer as 50 punte verloor het teen dieselfde span.

• Uitslae:

Eerste span: 19-34. Spelers van die wedstryd: PJ Kruger en Jan Pretorius.

Tweede span: 17-33. Spelers van die wedstryd: Morne Vorster en Anele Blaauw.

Derde span: 8-6. Spelers van die wedstryd: Christo Nelson en Johnny Pieters.

Swartes teen Vaal Reefs: Abednego Mamushi, Francois de Kock, Wihan Adlem, PJ Kruger, Ronald Langenhoven, Rasto Botma, Xander Kritzinger, Ruben Odendaal, Morbe Vorster, Mandla Dlangalala, Ruaan Brand, Jan Pretorius, Braam van der Merwe (kaptein), Waldo Nelson, Hendrik du Toit. Plaasvervangers: Tyrone Mayger, Jandre Willer, Francois van Niekerk, Willie de Beer, Christiaan van Rooyen, Anele Blaauw, Thabang Nkosi, JP du Preez.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button