Rustenburg ontgeld Rooi Bulle aanslag
HTS Middelburg se Rooi Bulle het gewys dat hul nederlaag teen Eldoraigne eerder 'n inspuiting as 'n spoedbult was, deur Rustenburg in die TUKS Super 16-Reeks 41-26 af te ransel.
JC Pretorius het twee drieë gedruk, terwyl Eric Basson, Derik Willemse en Waldo Conradie ook elk agter die pale gaan kuier het. Brandon Parr-Bailey was ook in die kol met sewe stelskoppe.
HTS Middelburg se rugbyspanne teken ‘n indrukwekkende 313 punte aan teen Rustenburg se 74.
Op die netbalfront het die eerste span, wat verlede week met ‘n telling van 33-22 teen Eldoraigne afgereken het, in ‘n naelbytwedstryd teen Rustenburg kopgehou en uiteindelik 25-24 gewen! Ook die Rooies-hokkiespanne wat in die vorige rondte sterk teenstand van Eldoraigne ontvang het, het met mening hul man gestaan om die meerderheid van die wedstryde teen Rustenburg te wen.
Uitslae (HTS se tellings eerste):
• Rugby:
o/14A: 50-0
o/14B: 48-0
o/15A: 14-38
o/15B: 21-5
o/16A: 17-5
o/16B: 45-0
Eerste span: 41-26
Tweede span: 48-0
Derde span: 29-0
• Netbal:
o/14A: 6-33
o/15A: 22-11
o/16A: 12-17
o/17A: 18-21
o/18A: 25-24
o/14B: 15-24
o/15B: 12-14
o/16 B: 3-30
o/17B: 13-17
o/18B: 18-15
• Dogtershokkie:
o/14A: 3-0
o/14B: 0-1
o/15A: 0-1
o/15B: 3-0
o/16A: 2-0
o/16B: 3-0
Tweede span: 2-0
Eerste span: 3-1
• Seunshokkie:
o/14A: 1-3
o/16A: 2-2
Eerste span: 1-0





