Sport

Hannes Joubert se vangs laat skaal kreun

Middelburg se Hannes Joubert is die wenner van die Kurper Bonanza na hy 'n vis van 2.2 kilogram uit Loskopdam se waters getrek het. En in die proses het hy met die prysgeld van R30 000 weggestap.

Volgens Joubert was daar nie veel visse in die oggend nie en hy het sy wenknewel net na 12:00 in die omgewing van Doringbaai (net voor die Kabel) gevang.

“Ek het dit glad nie verwag nie, ons kompetisierekord is nie te waffers nie,” het hy Woensdagoggend laggend gesê.

• In die tweede plek was Stephan Janse van Rensburg – ‘n Pretorianer – met ‘n kurper van 2.189 kilogram. Die kompetisie het met 570 inskrywings gespog en daar was 140 bote op die water.

• Die volgende Loskop Kurper Bonanza is op 5 Maart 2016.

Wenners:

• Bootspan eerste plek (gemiddelde gewig 1.941 kilogram): Danie van Deemter, Johan Brouwer, Stephan van Rensburg.

• Bootspan tweede plek (gemiddelde gewig 1.802 kilogram): Henk Tijssen, Elly Tijssen

* Loskop Kurper Bonanza algehele wenners:

• Eerste plek: Hannes Joubert (Middelburg) 2.2kg

• Tweede plek: Stephan Janse van Rensburg (Pretoria) 2.189kg

• Derde plek: Hennie Potgieter (Bronkhorstspruit) 2.181kg

• Vierde plek: Tinus van der Linden (Louis Trichardt) 2.019kg

• Vyfde plek: Henk Tijssen (Johannesburg) 1.975kg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button