Sport

Video: Kanadese veg in banketsaal

Van Kanada en Suid-Afrika se beste skopboksers sal op 9 Mei op eie bodem in aksie wees. Dit sal 'n eerste vir Middelburg én die provinsie wees wanneer dié twee lande mekaar in die kryt in die dorp se banketsaal pak.

Ongeveer 23 gevegte is vir die dag geskeduleer met die dorp se Pieter de Klerk óók deel van die aksie. Boonop sal Charlize Ludeke, Bowen Kruger en Adeon Anderson in voorgevegte vir die groot kragmetings betrokke wees.

• Datum: 9 Mei

• Tyd: 17:30

• VIP-kaartjies vir ‘n tafel van 10 is teen R2200 per tafel beskikbaar. Ligte verversings sal bedien word. Kaartjieverkope sluit op 28 April vir die tafels.

• Gewone kaartjies kos R100.

• ‘n Sitplek op die galery beloop R60 per persoon.

• Kaartjies is beskikbaar by Zane Kruger (082 372 8127); Neels Meyer (013 246 2210).

• Die toernooi word deur die South African Kickboxing Association onderskryf en deur Perfect Paints en Zakru Engineering aangebied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button