Sport

Video: Flopsport Mahem raceway

•Jy kry ouens wat mag, en jy kry ouens wat kán. Stop Saterdagnag by The Rose oppad terug vanaf Pretoria. So skuins parkeer voor die geriefswinkel staan ‘n bakkie. Agterop is ‘n yslike vrag hout vasgemaak. Op die dak lê die visstokke ingeryg. Twee jong manne klim uit. Vra: “Waarheen is julle oppad?” “Nee, ons …

•Jy kry ouens wat mag, en jy kry ouens wat kán. Stop Saterdagnag by The Rose oppad terug vanaf Pretoria. So skuins parkeer voor die geriefswinkel staan ‘n bakkie. Agterop is ‘n yslike vrag hout vasgemaak. Op die dak lê die visstokke ingeryg. Twee jong manne klim uit. Vra: “Waarheen is julle oppad?” “Nee, ons kom van Rust de Winter dam af, die vis byt nie, ons is oppad Loskopdam toe!”. (As die ouens wat gholf speel gedink het hulle kry gholfkoors, het hulle nog nie viskoors gesien nie. En toe daai twee hoor die kurpers byt by Loskop, trek die bakkie met ‘n stink spoed weg).

•Bulle word wakker!

Hier kom Akker

Daai klein rakker!

•Blik…skottel! ‘n Blik Bull Brand bully beef is Woensdag by die kantoor afgelewer deur Groot Leeu, Hennie Schoeman, nadat die Bul geblik… is.

•Enige weddenskappe watter Haai gaan Saterdag rooi sien? (Dink net. Jy kry ‘n vet salaris, al werk jy nie. Jy bly in Durbs, by die see. Ou Bissie en sy maters kan vir weke in die son lê en branderplank ry, terwyl die res van die Haaie hulle name verder krater maak).

•John Smit word Haai grootbaas, hy raak van John Plumtree ontslae. Hy kry sy maat Jake. Jake drop hom. Hy kry sy maat van Goud, Gary. En nou sit Haai gestrand en Plumtree blom by die Hurricanes.

•Het gedink Danwell Demas en Jongi Nokwe is al in die ouetehuis, maar toe speel hulle in die Gemeenskapsbeker saam met Oom Nico Luus van Polisie.

•By die toernooi was daar talle belowende opkomende, lees kwota, skeidsregters. Een van die puik blasers het elf tale met kleurryke Afrikaans aangevul. Toe ‘n speler sy beslissing, van ‘n vorentoe aangee in twyfel trek, kap hy terug: “Disse ‘n moerse vorentoe”.

•Een van die gladste spanne by die week was Vaseline Wanderers.

•Skerp! Sê ‘n koerant die Proteas moet hulle naam verander na Kwoteas.

•Die IPL partytjie het die week begin en behalwe dat ons dorp ‘n blond het wat in die toernooi dans, sal elkeen weer sy gunsteling span kies. Met AB daar kan dit mos net Bangalore wees? (Is dit waar dat ‘n blond verlede jaar verdrink het toe hulle die Mexican wave maak?).

•Was Saterdagaand by Mahem Raceway. Dis nou die plek waar die hotrods jaag. Vra die aankondiger of daar nie privates is wat wil deelneem nie. Nie lank nie en daar is vier Corsa’s, ‘n BMW, Monza, Ford Fiesta en ‘n Datsun 1200 bakkie op die teerbaan. Jy dink eers Leon Schuster maak ‘n You must be Joking movie, toe nog ‘n 1200 Datsun bakkie met canopy ingejaag kom. Die aankondiger vertel dis die ou se visvangbakkie. (Natuurlik sonder die stokke op die dak). Die rooi Monza brul pure V8. Mismatch, dink jy. Toe die groen vlag waai, tel daai visvangbakkie sy neus op soos ‘n boot wat gelaunch word. Jy sien net hande en arms, pure Fifty Shades of Grey, toe hy om die eerste draai kom. Hy gooi gat uit, maar hou die neus reguit, o tog, hier kom die muur. Net-net! Agter hom raak die BMW in ‘n onderonsie met die ander bakkie betrokke en besluit om die aftog te blaas. Rondte vir rondte is dit wit bakkie, arms, bene en die muur, met die brullende Monza agterna. Die visvangbakkie wen…en om die volgende draai ry hy in die muur vas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button