Sport

Lerentia derde by Twee Oseane

Lerentia Strydom is mal oor velddraf (trail running). En nou het Middelburg se boot camp- en parkrun-ghoeroe derde by die Twee Oseane se Long Trail Run in 'n tyd van 2:31:48 geëindig.

Een van die groot aantrekkingskragte van dié tipe wedlope, is dat dit nooit dieselfde is nie. ‘n Feit waarmee Strydom heelhartig saamstem.

“Mens weet net nooit wat om te verwag nie. Ek hou byvoorbeeld baie van ‘n velddraf wat verby ‘n rivier gaan of deur bome. Na ‘n vreeslike bult word jy ook altyd beloon met die mooiste uitsig – die stilte van die natuur is vir my ongelooflik.”

Strydom het verlede jaar Middelburg se parkrun van stapel gestuur en sedertdien is dit een van die groot suksesstories. Daar spring weekliks ongeveer 100 drawwers by Glen Cullen op die Stoffbergpad weg, terwyl hulle reeds ‘n algehele afstand van 14295 kilometer kafgedraf het.

“Ek was aanvanklik baie op my senuwees oor die parkrun,” bieg sy.

“Ek het gewonder hoe ek dit gaan regkry om altyd daar te wees. Maar dit is nou al só deel van my, dat dit vreemd voel as ek die slag nie daar is nie. Dit is wonderlik om te sien hoe mense elke Saterdag die wedloop ondersteun.”

Middelburg spog met waarskynlik een van die moeiliker parkrun-roetes – veral die laaste twee kilometer, waar die lekker opdraande gereeld groentjies én selfs van die meer ervare deelnemers se knieë knak.

Strydom se beste parkrun-tyd is ‘n indrukwekkende 22:05.

Sy beplan om die Forever Resorts Loskopmarathon se Wild Challenge aan te pak en mik om dié gewilde wedloop in ‘n tyd van 1:40 te voltooi.

Na die Loskop sal sy voorberei vir die Spurreeks in Gauteng wat in Junie afskop, Augustusmaand is dit die Num Num-wedloop van 35 kilometer.

“Ek wil baie graag in die Suid-Afrikaanse velddrafspan kom. Hulle kies net ‘n span vir 35 kilometer en ek moet nog vir dié afstand oefen. Ek is gemaklik met ‘n 21km-wedloop.”

• Middelburg se parkrun is elke Saterdag om 08:00 by Glen Cullen op die Stoffbergpad.

Arthur Thobela (18:38) en Sherilene Gelderblom (19:18) is die rekordhouers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button