Sport

Video: Maak vas die sitplekgordels

As die eerste hokkie spanne van Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg se wedstryd Woensdagmiddag enigsins ’n aanduiding is, moet toeskouers maar solank hulle sitplekgordels vasmaak - hier kom aksie by die sekonde in Saterdag se Classic Clash.

Die twee spanne het gelykop gespeel, sonder dat daar ’n doel aangeteken is, maar spel het deurentyd van links na regs van die veld gewissel, soos daar aangeval is.

Dit was opwinding by die minuut en die uitslag is ’n goeie weergawe, want die Rooies het aanvanklik die botoon gevoer met die Groenspan wat die laaste tien minute in beheer was.

•Die Middelburg Observer publiseer in sy uitgawe, wat vroeg Donderdagmiddag beskikbaar is, verskeie interessante berigte oor die groot dag waar daar weer duisende toeskouers verwag word.

Sien die geesvang oomblike hier:

Video: Classic Clash geesvang week!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button