Sport

Hardebaarde keer terug vir Swartes

Middelburg Rugbyklub sal Saterdag op die Kees Taljaard Stadion nie vir Witbank Ferro's sonder die nodige grofgeskut aanvat nie.

Spelers soos Johan van der Walt, Louis Roos en JP Schonfeldt maak hul terugkeer in die Swarttrui na hulle in ‘n paar wedstryde vir die einste Ferro’s gespeel het. ‘n Middelburg-spanlys wat hul name in het, lyk net meer gebalanseerd en sterker.

Moenie verbaas wees as Middelburg weer met ‘n blitsige spoed wegtrek om vir Ferro’s vroeg onder druk te plaas nie. Dié benadering het verlede jaar soos ‘n bom gewerk.

• Middelburg het verlede jaar se wedstryd by die Old Boys-dag 31-19 gewen; Ferro’s het egter vanjaar die eerste slag geslaan, toe hulle die Swartes 8-6 geklop het.

• Die eerste span speel om 14:30 op die Kees Taljaard Stadion, terwyl die tweede span om 13:00 by Hoërskool Kanonkop afskop.

Swartes: Neil Jansen van Rensburg, Johan van der Walt, Louis Roos, Thabang Nkosi, Henson Ngozo, Elardus Erasmus, Christo Nelson, Gerhard van Niekerk, Quentin Posthumus, Willie van der Westhuizen, Christopher van Leeuwen, Hendrik du Toit, JP Schonfeldt, Jandre Willer. Plaasvervangers: Waldo Nelson, JP du Preez, Jan Pretorius, Themba Bhengu, Martin Prinsloo, PJ Kruger, Francois de Kock.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button