Sport
Sasol gee weer vir Swartes gas
As Middelburg Rugbyklub Superman was, sou Sasol beslis hul kriptoniet geweees het.
Want pas na hulle spogsege teen Shumba Ferro’s, is die Swartes weer hard aarde toe gebring, toe hulle vir die tweede keer agtereenvolgens teen die manne van Secunda verloor het.
Met JP Schonfeldt beseer, het die klub voorlangs swaargekry en hulle het hul voorsprong prysgegee. Sasol het veral teen die einde van die wedstryd die botoon gevoer en hulle het ‘n paar drieë gedruk.
Die klub het die naweek ‘n loslootjie, voor hulle vir Loskop pak.
• Uitslae:
Middelburg I: 26-44 (Spelers van die wedstryd: Louis Roos en Quentin Posthumus).
Middelburg II: 36-13 (Spelers van die wedstryd: Martins Letshwayo en Richard Prinsloo).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

